Verskeie groepsaktiwiteite  word by die Leefstylsentrum  aangebied waarby ingeskakel kan word en wat goed kan wees vir fisiese-, intellektuele-, emosionele-, sosiale en geestelike ingesteldheid.   Die meeste van hierdie aktiwiteite kan tergelyk terapeuties en prettig wees bv. fisioterapie, arbeidsterapie en ligte aerobiese oefeninge.

Ander aktiwiteite soos bord-, en kaartspele, handwerk, musiek , ens. maak ook deel uit van die algemene lewenswyse en kan ook deur die inwoners self gereël word.  

Voorstelle vir  “iets anders” op die program is altyd welkom.

Uitstappies na konserte , winkelsentrums of ander plekke kan gereël word.   Vervoer na winkelsentrums is op spesifieke dae beskikbaar.

Die lewe in ‘n aftree-gemeenskap kan nog net so opwindend wees as enige ander plek.  

Ons personeel word opgelei en gereeld geëvalueer om te verseker dat hulle te alle tye in staat is om hul beste aandag te gee en te sorg dat inwoners se privaatheid en waardigheid gehandhaaf word.

links01 links02 links03
links04 links05 links06